Oppad saam met God

’n Reis van geloof en roeping

Die kruis staan sentraal op ons pad saam met God. Dit herinner ons aan Sy genade, ons roeping tot dissipelskap en die nuwe lewe waartoe ons elke dag genooi word.

Vir ons is geloof nie net om waarheid te ken nie, maar om dit te leef in hoe ons dink, praat en doen. Ons groei saam om elke dag meer soos Christus te word, in afhanklikheid van God en in verhouding met mekaar.

Ons glo ook dat hierdie reis nie net oor onsself gaan nie. God roep ons om ’n poort na die wêreld te wees: mense wat Sy liefde dra, Sy hoop leef en Sy lig sigbaar maak waar ons gaan.

Ons waardes wys vir ons hoe ons ons geloof uitleef, teenoor God, mekaar en ons gemeenskap.

NG Florauna se vier waardes
Deel van God se verhaal

Deel van God se verhaal

Ons glo ons is deel van God se groter verhaal, gevorm deur Sy Woord, geloofstradisie en die pad wat gelowiges voor ons gestap het.

Verhoudings

In verhoudings

Ons kies egte verhoudings met God en mekaar, en leef uit die liefde en genade wat ons self ontvang het.

Diversiteit

Diversiteit

Ons maak ruimte vir verskillende mense, stories en perspektiewe, en glo dat God ons deur ons verskille verryk.

Diensbaarheid

Diensvaardig

Ons leef geloof prakties uit deur te dien, om te gee en God se liefde sigbaar te maak in die wêreld rondom ons.

Ontmoet die mense wat saam met die gemeente stap

Dr Frikkie du Plooy

Predikant

Dr Jan Botha

Predikant

Ds Erick van Breda

Predikant

Thiaan Smith

Jeugleier / Musiek- en E-bediening

Liz-Marie

Jnr Jeug Leier

Lucette Labuschagne

Kantoorbestuurder

Zita de Lange

Sekretaresse

Lood Bouwer

Koster