Die kruis staan sentraal op ons pad saam met God. Dit herinner ons aan Sy genade, ons roeping tot dissipelskap en die nuwe lewe waartoe ons elke dag genooi word.
Vir ons is geloof nie net om waarheid te ken nie, maar om dit te leef in hoe ons dink, praat en doen. Ons groei saam om elke dag meer soos Christus te word, in afhanklikheid van God en in verhouding met mekaar.
Ons glo ook dat hierdie reis nie net oor onsself gaan nie. God roep ons om ’n poort na die wêreld te wees: mense wat Sy liefde dra, Sy hoop leef en Sy lig sigbaar maak waar ons gaan.