NGF Snr Jeug

Hier gebeur geloof! Ons SNR Jeug is ’n plek waar jongmense saam kan glo, vra, ontdek, groei en net hulself wees.

Ons begin met ’n energieke jeugdiens vol musiek, ’n band en ’n boodskap wat aansluit by die wêreld waarin jongmense leef. Daarna gaan die gesprek voort in kleiner ouderdomsgroepe, waar ons die tema van die dag verder ontdek. Deur kreatiewe aktiwiteite, gesprekke, uitdagings en praktiese voorbeelde word geloof iets wat hulle kan verstaan én uitleef.

Ons glo jongmense is nie net die kerk van môre nie – hulle is deel van die kerk van vandag. Daarom kry hulle geleenthede om hul geloof prakties uit te leef en ’n verskil te maak deur uitreike, diensaksies en betrokkenheid by ons gemeente en gemeenskap.

En natuurlik is daar ook tyd vir lekker kuier! Ons kwartaallikse Jeugkuiers bring almal saam in ons goed toegeruste Jeughuis vir speletjies, uitdagings, lag, vriendskap en sommer net ’n goeie tyd saam.

Geloof wat jy kan beleef. Vriendskappe wat jy kan bou. ’n Plek waar jy behoort.

Jou vrae hoort ook hier

Jy hoef nie voor te gee dat jy alles verstaan nie. Hier kan jy praat oor dit wat jou laat wonder, na ander luister en saam ontdek hoe die Bybel met jou lewe verband hou.

Ons leer mekaar ook buite die gesprek ken. Wanneer ons saam kuier of iemand help, kry geloof ’n plek in die dinge wat ons doen. Jy het iets om by te dra, ook terwyl jy nog besig is om jou eie pad te vind.

Glo dit. Leef dit. Deel dit.

’n Plek waar geloof “real” word, waar ons saam ontdek, lekker kuier, vrae vra, ons geloof uitleef en ’n verskil maak.

exec-688fdf75-1e8b-4ae1-8405-7eaaaca0d1c0

Aanderediens – Sondae 18:00

’n Energieke en moderne jeugdiens met lekker musiek, ’n live band, ’n relevante boodskap en ruimte om saam God te aanbid.

Senior-youth-outdoor-game-square

SNR Geloofsontwikkeling

Kom groei saam in geloof, vra moeilike vrae, ontdek God se Woord en leer om dit elke dag uit te leef.

exec-688fdf75-1e8b-4ae1-8405-7eaaaca0d1c0

Snr Jeugkuiers

Ons kuier, lag, speel en bou vriendskappe – want geloof groei ook wanneer ons dit saam beleef!

Senior-youth-outdoor-game-square

Uitreikaksies

Ons neem ons geloof na buite – om te dien, te gee, te help en ’n verskil in ons gemeenskap te maak.

Thiaan Smith

’n Teologiese student met ’n passie vir jongmense en ’n hart om hulle te help ontdek dat geloof nie net iets is wat ons op ’n Sondag doen nie, maar ’n leefwyse wat voluit geleef kan word.

Ek wil jongmense wys dat dit nie ’n straf is om ’n kind van God te wees nie. Geloof beteken nie dat ons langs die kantlyn sit en kyk hoe die lewe verbygaan nie. In Christus is daar ruimte om die lewe met vreugde, oorgawe, avontuur en liefde te leef.

As die gemeente se Lofprysingskoördineerder is musiek ook ’n belangrike deel van my bediening. Ek glo dat musiek ons help om saam tot stilstand te kom, ons harte oop te maak en in aanbidding met Christus in gesprek te tree.

My hart vir jeug is eenvoudig: om jongmense te help om Jesus te ken, hulle geloof te leef en met oorgawe te ontdek wie God hulle gemaak het om te wees.

Wil jy deel word van hierdie bediening?